Die Multisentrum is ‘n pragtige toevoeging tot ons terrein en ‘n fasiliteit waarop ons baie trots is.

Dit is die afgelope jaar suksesvol vir die volgende gebruik:

  • ‘n Vergaderlokaal vir JF se verskeie komitees.
  • die uitverhuring aan die publiek vir troues, verjaarsdae, werkswinkels, ens.
  • ‘n versamelpunt van JF-ondersteuners tydens sportbyeenkomste.
  • ‘n verkooplokaal tydens interskole.
  • ‘n vergaderplek vir oudskolierreüniegroepe.
  • ‘n onthaallokaal / jaareindfunksies vir alle JF-kultuurgroepe en –sportkodes.
  • Saamkompunt vir die JF-Wildsfees.